Wanneer
die hoogsomer
se ergste hitte
eers afgebrand is,
sal die herfs
se sagter lug
se soepel lug
vol verwondering
soos ‘n kind
vol kuipe vind
waarin donker korrels
wat gestef het as mos
wedergebore word as wyn
wat die kelder vul
met die reuk van pars
van gis en van genade –
totdat elke laaste druif
wat van wind en son
deurspoel is
wat geduldig
opgeprut het
uit die aarde
weer uit sal swel
in ‘n ander najaar
as volronde vrug
kristalhelder
oop sal bars
in my glas
sag oor my tong sal spoel
my mond sal vul
met musiek
met die onmiskenkbare
smaak van tevredenheid
van dankbaarheid
en van genade