die werf is oud die akkerbome is ouer – krom ou manne luister aandagtig geduldig na die musiek met takke groen hemelwaarts uitgestrek – effens wiegend – ritmies op die maat hulle ken musiek ontvanklik luister hulle al lank na die seisoene se simfonie – wind se weemoedige wysies son se koperblasers reën se slagwerk […]