Die wenners van die Ingrid Jonker L’Art Poétique-digkompetisie is die afgelope week in Kaapstad bekendgemaak.
Marius Coetzee is as die wenner aangewys vir sy gedig “Tyd”. Christelle van Rooyen-Wessels, ‘n misdaadskrywer, het die tweede plek behaal met “Wanneer ‘n jaar te veel word” en Daniel Berry het derde geëndig met haar gedig “Djou hanne”…