Skip to content

Oor die Skrywer Willem de Swyger

Willem de Swyger is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer wat saam met sy gesin in die Eikestad woon.
Hy was veertien jaar oud toe Koos du Plessis se musiek hom die eerste keer gevind en aangespreek het. “Koos se musiek was soos ’n helder lig wat vir my aangegaan het” sê Willem, “Daardie dag is ’n vlammetjie in my aangesteek wat sedertdien steeds brand.”
Met verloop van tyd het die woorde van Kerkorrel, Van Wyk Louw, Coenie de Villiers, Koos Kombuis en Lucas Maree hom ook gewys wat moontlik is in Afrikaans en ander skrywers soos Dylan, Cohen, Springsteen en Kristofferson het hom later verder geïnspireer.

Willem sê dat hy homself nie ’n lewe sonder musiek kan voorstel nie. Hy skryf sedert sy hoërskooldae en die uitreiking van Kaalvoet is voorwaar die verwesenliking van ’n lewenslange droom en versugting.

Oor die Album

Met die hulp van sy vriend en musikant, Matthys Maree, het Kaalvoet die lig gesien en Willem se passie vir sowel musiek as woorde vloei op hierdie album ineen.

Die snitte op Kaalvoet versinnebeeld ’n persoonlike reis en vertel hartstories van Namibië,
die Kalahari en Stellenbosch plekke wat spesiale betekenis het vir hom én die mense w at
naaste aan hom is sy getroue medepelgrims Daar is onder meer ’n gedig wat sy pa in
2008 oor die hemel geskryf het ’n g edig vir sy ma, sowel as liedjies vir sy vrou en
dogtertjie.

’n Hoogtepunt op die album is My taal wat vertel van sy besonderse liefde vir Suid Afrika en bowenal Afrikaans. As jy vir Willem vra hoe hy oor die album voel, haal hy graag die woorde van Beethoven aan: “Uit die hart het dit gekom, mag dit weer die hart bereik.”

OOR DIE LIEDJIES In die skrywer se eie woorde

Oom Groot Piet
M y ma se oudste broer, oom Groot Piet, het in die Kalahari geboer. Hy was ’n “larger than
life karakter en e k onthou sy groot hande, sy sagte oë, die reuk van sy sigarett e en die
somme op sy sigaretboksie. Hierdie liedjie is ’n ode aan oom Groot Piet en sy geliefde
Kalahari.

Kaalvoet
Daar is ’n ongekunsteldheid aan kaalvoet loop Dit is bevrydend om met jou voete in die
sand te sit, maar dit laat jou ook weerloos. Om so gestroop te sit onder die Melkweg in die
Kalahari dwing jou tot selfondersoek en gee jou meer insig in sowel die lig as die donker in
jouself

My taal
Hierdie is ’n liefdeslied vir ons taal Ek glo vas dat Afrikaans sal g edy of sterf in die mond
van haar sprekers. Ons taal behoort aan almal wat haar praat, sy is inklusief. In die
Vaderhuis is daar baie wonings. So is dit met Afrikaans ook By die Taalmonument is ’n
aanhaling waarin Afrikaans beskryf word as ’n brug wat die helder Weste ( en die
magiese Afrika verbind. Dit is juis hierdie verbinding wat die toonsetting geinspireer het

In my murg
Ek was nog altyd gefassineer deur die band tussen die m oedertaal en die v aderland. Ek
het nog altyd gevoel soos ’n kind is wat uit di é “ gebore is. In ’n sin is hierdie
liedjie, ofskoon dit “gemoedelik voorkom, bietjie van ’n proteslied teen die negatiewe (en
dikwels onregverdige) kritiek van buitest a anders met betrekking tot my land en my taal.

Oor Wyngebed
Vir die afgelope vier jaar al gaan pars en by Rust en Vrede. Wat ‘n voorreg. Ek het Wyngebed geskryf (altans due gedig wat toe later die liedjie geword het) na my eerste dag se pars.
Ten diepste gaan dit hier oor die wynmaak proses (wat ek nou eiehandig en eerstehand beleef het) wat metafories is vir ons geestelike lewe en reis.

Vier jaargetye (in die Boland)
Hierdie is ’n loflied vir my tuisdorp. Dit was ook aanvanklik die gedig (wat die voorloper van
die liedjie was) se titel. Die liedjie beskryf a l vier seisoene. Ek hoop dat elkeen wat hierna
luister dit ook raaksien en Stellenbosch in elke noot en woord beleef

Pers trapfiets
Een wolklose Sondagmiddag in die groen l ente van Septembermaand het ek saam met my dogter gaan fietsry langs die Eersterivier. Op ‘n stadium het sy van haar fiets afgeklim en het ons in die Eersterivier ingestap. Ons het saam saam papnat geraak, baie gelag, baie gesels. As ek aan di é middag teru gdink, is ek gevul met dankbaarheid en kom daar
pure, onverdunde geluk by my op.

Essie
’n Lied vir die liefde van my lewe. Ek het hierdie liedjie tydens ons troue ((’n raps meer as tien jaar gelede) vir haar gesing. Dis ’n lied om dankie te s ê vir die vrou wat (stil stil,
sonder ’n groot omhaal van woorde of openbare fanfare) my rots en anker is en my veilig
hou teen die aanslae van die lewe.

Gedig vir Ma
Ek het beide my ouers in 2018 verloor. Hierdie is ’n bos blomme vir my ma ’n Ruiker om
dankie te s ê Gelukkig kon ek dit vir haar wys voordat sy moes vertrek. My wens is dat
hierdie gedig iets sal weerspieël van die dank wat die meeste mense wat ek ken aan hulle
mama’s verskuldig is vir al die opoffering, onbaatsugtigheid, liefde en ondersteun ing oor baie jare.

Varkoor
Ek het as tiener een keer per trein vanaf Bellville na Paarl gery. Dit was in die winter en ek
onthou dat daar plate varkore a r onskelke) oral langs die treinspoor gestaan het. Die frase
“ek pluk vir jou ’n varkoor wat wit groei langs ‘n Bolandse treinspoor het hom by my kom
aanmeld en is sedertdien ’n reisgenoot Dié frase was die begin v an hierdie liefdesliedjie

Das Sü dwesterlied
Ek is in Namibi ë gebore en het die eerste paar jaar van my lewe daar deurgebring. M y pa
het hierdie lied geneurie, gefluit of selfs gesing toe ek nog maa r ’n klein seuntjie was. Dit is
derhalwe ’n ode aan my geboortelan d Dis ’n p ersoonlike huldeblyk en liefdesgebaar vir
die plek waar ek die eerste keer daglig aanskou het.

Pa se gedig
By my pa se begrafnis in 2018 is ‘n gedig wat hy in 2008 geskryf het voorgelees en ek het
daar besef dat sy gedig musiek verdien. D it was ook die oomblik waar hierd ie hele projek
in my gedagtes gestalte begin aanneem het Die weerloosheid en nederigheid wat uit die
gedig blyk, is n kenmerkend van hoe my pa gekies het om sy lewe te lei.

Bonussnit
Hierdie is Pers t rapfiets wat ek saam met my dogter, Karla sing. Wat ’n sonderlinge
voorreg om ’n duet saam met haar te mag sing. En dit bowendien ’n liedjie wat ek spesiaal
vir haar geskryf het. Die Here se goedheid en guns is inderdaad so onmeetbaar
oorvloedig!