Gedigte en Skryfwerk deur Willem de Swyger

Versteende gebede
(met dank aan Dana Snyman) oral om my heenlê die groot ou Karoovol van versteendegebedewat vertelvan ’n vuurhelwat mettertyduit sou wyktot verstoldegenade


Wintersmôres
op helder wintermôreskoud soos hierdie eenis die Bolandse lugso onbevange blouis die Bolandse bergeso onbesonne bloudat dit jou hart van heimwee kan laat pynheimwee wat weemoedig en witsoos ’n flitsende steekpynjou binnestedeurskietjou deurboorsodat jytussen hemel en aardebly hangen jou hartvir altyd na hierdie plekhierdie helder plekhierdie blou plekterug sal hunker



’n Seën vir pars
laat sonstralesag en skuinssuiwer oor julle valgroen deur ’n filtervan welige lowerterwyl ou eikebomehul artritis-armshul vereelte handeomhoog hou’n onuitgesproke seënstil oor julle uitspreek –laat lang jaregedeelde jarehoutvate wordwaarin die struktuurvan gemoedelikheid behoue blyen veroudertot toenemende vredevan waterwat reeds lank geledewyn geword hetterwyl die kelder vol isen oral in die lugdie onmiskenbare reukvan pars hang

Ek wil gaan nesmaak
ek wil gaannesmaakhoog bo in die bergeonder die son, maanen sterrewaar die winddae en nagtein ’n ewige ritmevan lig en donkeroor my sal waaioor my laat spoelsoos branderssoos hongerpynesoos geboortepyne ek wil gaannesmaakin my hartse hoogste kranseen daar wil ekstil oorwintertot die lente kom

Opeens in ’n heilige spasie te midde van die alledaagse
Ons kind kom terug van ’n skoolkamp af. Grootoog vertel sy hoe lekker dit was. Sy babbel skoon van opgewondenheid. Sy sê die kos was nie watwonders nie. Maar die nagmars en die hindernisbaan was opwindend. Die maatjies oulik, die onderwysers behulpsaam en vriendelik. Die kamers, met en suite badkamers, mooi en skoon. Daar was […]

die bome luister
die werf is oud die akkerbome is ouer – krom ou manne luister aandagtig geduldig na die musiek met takke groen hemelwaarts uitgestrek – effens wiegend – ritmies op die maat hulle ken musiek ontvanklik luister hulle al lank na die seisoene se simfonie – wind se weemoedige wysies son se koperblasers reën se slagwerk […]

Nuut by Minimal Press: Vissers van woorde deur Willem de Swyger
Vissers van woorde is Willem de Swyger se debuutbundel, hoewel hy nie ’n onbekende in die literêre bedryf is nie. Vissers van woorde bevat 60 gedigte en handel oor verskeie temas soos geloof, verlies, waardering vir sy ma, die liefde vir sy taal, Afrikaans en vele meer. Dié digbundel was vanjaar deel van die Woordfees op Stellenbosch as […]