Gedigte en Skryfwerk deur Willem de Swyger

Nuwe Skryfwerk-video: Onderweg
Willem de Swyger en Carmen Platt het ’n video vir LitNet geskep. Die tema handel oor die gebeurtenis van die jaar. Dit verskyn as multimedia-skepping in LitNet se nuwe skryfwerk-afdeling. Kyk die video hier (grafika: erkenning aan Pexels). LEES ARTIKEL OP LITNET

’n Hartstog vir Van Gogh
toe die donkerlater’n digte sluier trek oorgroen lane wat stomrooi baniere uitblomgeplooide ietermagô bergewat oortrek ismet harde horingskubbehet die Skeppervir Van Gogh gevraom hom te helpom hierdie naghemelwat stadiglaag vir laag afskilfermet kerse op sy hoedmet behendige handmet bestendige handte skilderom hierdie helderlentenagwat swaar draaan die reuk van nuwe groenwat wolkloos hangwat sorgeloos singwat uitgestrek […]

Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma
Ek sal op hierdie grou, reëngevulde wintermôre my oogtande gee vir ’n bord van my ma se lensiesop. Ek dink altyd aan haar wanneer dit reën. Miskien omdat sy in die dorre binneland grootgeword het en as deel van ’n boerderygemeenskap kon sy altyd met groot genoegdoening en genot by die ruit uitstaar na die […]

skerwe van ’n gebroke sterling
I skietvrolik en vol vreugdevol hoopsoos op Oujaar’n ster vir mymet ’n duisendvoetfakkeldie hoogte indie donker inoor die deiningoor die dreuningvan ’n laagbrandendeoseaan II word’n wyserster’n wegwyser’n padvinder’n ligspoorwat met ’n lang stertsikliese sirkelstrek om die vaste puntvan die suidelikehemelpool III laat vuur, laat vlamlaat drup die vetop ’n helderbrandende sterwat gaandeweggloeimet die helderste ligskynmet die […]

Skilder met laaste lig
skilder met laaste lig se ragfyn kwashalegelaagde wolke in skakering van geel pigmentwat onvermydelik oor blou berge wegdryfskipbreuk ly op die komende nag se rotsagtige kusmeng geduldig op ’n watergepokte palet’n allegaartjie van vele verskillende kleurewat stil binnelandskappe vergestaltend drooglêverrysend uit die wit water van ’n geëselde doek

Drie (on)tug vrae
word pastorieë vol gesinsgeweldmet verloop van tyd voorstedelikekleuterskole wat die illusievan vrolikheid probeer skepten spyte van verbleikte verf? word chauvinistiese taalbullestrydrosse wat geglo het in geloftedagin swart togas en wit dasse vervangdeur polities-korrekte vroulike happy clappydominees met dubbelloop vanne? sal die uitverkiesing, die verbonddie verkose volk, calvinistiese werksetiekpredestinasie en goedkoop gewordegenade eindelik stom word, stoom […]


L’art Poétique-digkompetisie se poësiepryse bekend
Die wenners van die gesogte L’art Poétique-digkompetisie is in Kaapstad bekendgemaak. Dié kompetisie is vir die eerste keer in 2019 toegeken en na Ingrid Jonker vernoem vir haar bydrae tot letterkunde asook haar veg vir menseregte. Zalman S. Davis het dié kompetisie om eie houtjie in 2019 gestig met die hoop om digters ’n platform […]

Hang vir my
hang vir mydie sterre(helder soos lanterns)aan die donkervan die hantamse wye hemelhalfrond spin vir myweef vir my(met jou vaardige vingers)die melkwegse wit wolin ’n ragfyn koordwat ek aan my hartvas kan knoopin my om kan draoral waar ek gaan verf vir mydie naghemel(se wit spatsels)met jou donker oësodat die ligsteeds daarinbehoue sal blyselfs na sonsopkoms […]

Digter is g’n swyger
Die plaaslike digter Willem de Swyger is onlangs as finalis in die gesogte Ingrid Jonker: L’artPoétique-digkompetisie aangewys. Dié kompetisie is vir die eerste keer in 2019 gehou en na Ingrid Jonker genoem vir haarbydrae tot letterkunde asook haar stryd om menseregte. “Dit beteken geweldig baie vir my om ‘n finalis te wees in ‘n kompetisie […]