skilder met laaste lig se ragfyn kwashale
gelaagde wolke in skakering van geel pigment
wat onvermydelik oor blou berge wegdryf
skipbreuk ly op die komende nag se rotsagtige kus
meng geduldig op ’n watergepokte palet
’n allegaartjie van vele verskillende kleure
wat stil binnelandskappe vergestaltend drooglê
verrysend uit die wit water van ’n geëselde doek